Wings Fitness Studio word 2

Wings Fitness Studio word 2!

Gymnasium in Mosselbaai

Dit is nou 2 jaar sedert Wings Fitness Studio hul deure ge-open het in Mosselbaai en Maandag 7 Mei 2018 was ons so bevoorreg om hul verjaarsdag saam te vier! Namens die Lalakoi-span wil ek graag vir Wings Fitness Studio geluk wens met hul verjaarsdag.
Mag Wings net groter en hoër hoogtes bereik!

Wings Fitness Studio word 2

Wings Fitness het in die afgelope 2 jaar vinnig naamgemaak met hul spinning- en pilates klasse en nou ook ‘n ten volle toegeruste gymnasium met apparate met van die nuutste tegnologie beskikbaar.

Indien jy nog nie ‘n draai by Wings Fitness Studio in Mosselbaai gemaak het nie, raai ek jou aan om te gaan inloer. Jy sal vinnig sien hoekom dit ‘n gymnasium is om mee te reken! Wings Fitness Studio bied verskeie pakkette aan om die beste by jou te pas.

Wings Fitness Studio word 2