Veiling vir Liefdadigheid in Mosselbaai

Veiling vir Liefdadigheid in Mosselbaai

Op Saterdag 26 Mei 2018, hou die Alzeheimer’s SA-tak in die Suid-Kaap ‘n veiling as fondsinsameling. Selwyn Barnard van Vredebest Veilings in Mosselbaai behartig die veiling gratis vir die Alzeheimer’s SA-tak. Die funksie vind plaas by Cafe Gannet se Ochre Venue en sluit ‘n middagete in. Kaartjies beloop R 170 per persoon en gaste moet iets saam bring wat opgeveil kan word.

Bring daardie items saam wat jou huis vol staan en jy nie meer gebruik nie. Items moet asseblief in ‘n goeie werkende toestand wees.

Die fondsinsameling is ten bate van die algemene bedryfskoste van die Alzeheimer’s SA-tak vir die Suid-Kaap.

Bespreek jou plek by die veiling en middagete by die Alzeheimer’s SA Suid-Kaap-takbestuurder, Hettie Theron 082 699 7600 of 044 877 0417. RSVP teen Vrydag 18 Mei 2018. Donasie is baie welkom.

Vir meer inligting oor Vredebest Veilings

Veiling vir Liefdadigheid in Mosselbaai