Slaghuis Verjaarsdag Promosie in Mosselbaai

Slaghuis Verjaarsdag Promosie in Mosselbaai

Slaghuis Verjaarsdag Promosie in Mosselbaai

Bo Karoo Vleismark in Voorbaai, tussen Hartenbos en Mosselbaai vier hul eerste verjaarsdag op 5 Augustus 2017! Kom deel in die verjaarsdag vieringe en geniet heerlike worsbroodjies, sosaties, roosterkoeke en vele meer wat te koop aangebied sal word. Daar sal ook verskeie biltong en vleis uit die slaghuis teen spesiale pryse aangebied word. Bo Karoo Vleismark het beslis hul merk in hul eerste bestaansjaar en is verseker hier om te bly!

Budgie, Drien en Annelie bedank graag hul gereelde kliente vir hul ondersteuning!

Koop vir meer as R500 en ontvang ‘n 5% afslag op die totale aankope!

Slaghuis Spesiale Aanbiedinge in Mosselbaai

  • Biltong @ R179.99 p/kg
  • Lam Braai Tjops @ R120 p/kg
  • Oom Lood se Wors @ R59.99 p/kg

Terme en Voorwaardes geld – slegs terwyl voorraad hou.

Bo Karoo Vleismark is ook bekend vir hul verskeidenheid worse wat insluit Makataan, Cherry, Pynappel, Vye en Feta, Spek en Chilli, Varkwors, Perske en Brandewyn en vele meer!

Hul hoender tjoppies ( ja, jy het reg gelees – kom probeer dit), steaks, ribrolle, knoffelbrode en ciabatta brode is ‘n groot treffer.

Kom vier die dag saam met Bo Karoo Vleismark. Hul is Saterdag 5 Augustus oop van 08h00 tot laat!

Slaghuis Verjaarsdag Promosie in Mosselbaai