Potpourri Funksies

Tuinroete Funksie Koördineerders

Potpourri Funksies

Die funksie koördineerders van Potpourri Funksies is twee gewone dames met ‘n besondere talent om funksies van enige grootte en begroting te organiseer. Hulle is professioneel en toegewyd om jou funksie ‘n reuse sukses te maak. Laat hulle help met elke aspek van jou funksie. Dit sluit in om die perfekte tema en venue te identifiseer, asook aankope en skakeling met alle rolspelers en verskaffers en natuurlik die opstel van dekor en blomme. Selfs al is jy nie self in die Tuinroete om jou funksie te reël nie, geen probleem kontak gerus die raakvat dames van Potpourri Funksies.

Potpourri Funksies

Funksie Beplanners in die Tuinroete

As ervare funksiebeplanners in die Tuinroete sal Potpourri Funksies jou funksie so kommervry en spesiaal moontlik maak. Deel jou idees en beplan jou funksie saam met die talentvolle Potpourri-span of laat hulle al die aspekte hanteer. Dit is jou funksie, sit terug, ontspan en geniet die groot dag terwyl Potpourri vir alles sorg. Hulle beplan en koördineer funksies in die Tuinroete vanaf Plettenbergbaai na Knysna, George tot by Mosselbaai en Oudtshoorn.

Potpourri Funksies

Dekor vir Funksies in die Tuinroete

Elke Potpourri-kliënt kry persoonlike diens. Die dames van Potpourri wil jou droomfunksie in die Tuinroete te help skep. Potpourri is bekend vir hul pragtige en unieke versierings vir troues en ander funksies. Kontak hulle vir jou funksie se dekorvereistes. ‘n Goeie oog vir fyn detail en styl maak Potpourri Funksies die perfekte span om te sorg vir alle dekorvereistes vir jou funksie in die Tuinroute, insluitend:

  • Troue
  • Korporatiewefunksies
  • Besigheidsfunksies
  • Verjaarsdagpartytjies
  • Kinderpartytjies
  • Dames Teepartytjies
  • Privaat Huisfunksies
  • Jaareindfunksies
  • Matriksafskeidsfunksies
  • Produk Bekendstellings en vele meer

Potpourri Funksies