Oppi Plaas Padstal naby Albertinia beoog Saterdag stalletjies

Oppi Plaas Padstal naby Albertinia beoog Saterdag stalletjies

Oppi Plaas Padstal naby Albertinia beoog Saterdag stalletjies

Saterdag Plaasmark naby Albertinia en Riversdal

Oppi Plaas Padstal wat geleë is op die N2 tussen Albertinia en Riversdal, beoog om op Saterdae ‘n plaasmark aan te bied. Uitstallers van die omgewing word uitgenooi om ‘n stalletjie te bespreek en deel te word van die geleentheid. Ons soek veral uitstallers van handgemaakte artikels, unieke geskenke, ingelegte produkte, handgemaakte speelgoed ens.

Aanvanklik sal daar geen koste vir die stalletjies wees nie. Ons doel is om die plaasmark op Saterdae familievriendelik te maak vir die hele gesin. Ons bedien heerlike koffie, tee, ontbyt en ander eetgoed. In ons winkel is ook ‘n verskeidenheid geskenke en wyne van Jakkalsvlei.

Kontak ons gerus vir verdere inligting.

Oppi Plaas Padstal naby Albertinia beoog Saterdag stalletjies