Liewe Heksie kuier in Mosselbaai by die Bravo Lounge

Liewe Heksie kuier by die Bravo Lounge in Mosselbaai

Family Entertainment Mossel Bay
Die Bravo Lounge by die Garden Route Casino in Mosselbaai nooi alle kinders en hul ouers na ‘n briljante Liewe Heksie produksie, opgevoer deur Margit Meyer-Rödenbeck. Die beminde Levinia, oftewel Liewe Heksie sal op Saterdag 26 April om 12h00 by die Bravo Lounge kom kuier. Kaartjieskos R30 per kind en R50 per volwassene. Die vertoning begin om 12h00.

Margit Meyer-Rödenbeck sal verseker almal laat skaterlag wanneer Heksie haar presente, biki-kini en rolskaatste gebruik om Blommeland nog mooier te maak! Natuurlik is daar ook ‘n Geelheks betrokke wat probeer om al Levinia se planne in die wiele te ry maar met die hulp van al die kinders in die gehoor sal die stoute karnallies hopelik verwilder word.

Kaartjies is beskikbaar op Computicket of by die Casino kontant toonbank.

contact details click here