Jadem Koffiewinkel opening in Fraai Uitsig

Jadem Koffiewinkel opening in Fraai Uitsig 13 September 2014

Koffiewinkel in Fraai Uitsig, Klein Brakrivier

Die 13de September vanjaar word Fraai Uitsig ‘n koffiewinkel ryker! Jadem Arts & Crafts het vroeër vanjaar ook uitgebrei om Internet, faks, lamineer, kopieer en bindingswerk te doen, maar nou trek hul die stoute skoene aan met ‘n nuwe blaadjie.

Die eienaar van JADEM, Sharon Rodrigues, is baie trots om haar nuwe dek aan die punt van Fraai Uitsig Spar Sentrum bekend te stel.

Koffiewinkel in Fraai Uitsig, Klein Brakrivier

Vir die eerste keer kan jy nou’n koppie filter koffie, cuppachino en/of tee saam met ‘n lekker eetding vir slegs R18 kom geniet terwyl jy na die golwende heuwels van Fraai Uitsig kyk op haar splinternuwe dek.

Sharon is opgewonde oor haar nuwe rigting en vertel vrolik dat klante van nou af haar ook met kaart kan betaal.

Sy vertel dat, behalwe vir die vars koffie, koek en tee mense ook ‘n heerlike vleisbord kan bestel wat ‘n spesiale Portugeses eetding insluit, Rissols. Sharon sê daar is sewe soorte; Hoender, Maalvleis, Prawn, Kaas, Kaas en Jalapenos- Wat veral by mans gewild is! – Tuna en Kerriegroente

Op 13 September kom verfraai die Balloon Billies die dek met hul pragontwerpe terwyl Frans Bosman, van Balloon Billies, ‘n bekfluitjie by die pragmusiek van Petronel Baard kom voeg.

Petronel, ‘n vriendin van JADEM, bring haar klanke en doen dit vir die hoed: “Ek is mal oor Sharon en haar vriende, en deel graag met hulle die dag. Dit is my keuse vir ons mense, saam met Sharon, familie en vriendin Junica!”

Die verrigtinge open van tienuur af met musiek, specials en ballonne, kom betyds om teleurstelling te voorkom en…
Kom JADEM die lente in!

contact details click here