Hart & Paws Kat Gemeenskap gryp in

Hart & Paws Kat Gemeenskap

Wilde Katte neem toe in Hartenbos

Hart & Paws Kat Gemeenskap

Die kwessie van die wilde/rondloperkatte in Hartenbos is besig om spoedig in ‘n vreeslike pandemie te ontaard en as ons as die Hartenbos gemeenskap nie hande vat en saamwerk nie, sal ons een van die dae die gevolge hiervan in die gesig moet staar.

Vigs onder Katte in Hartenbos

Hartenbos sukkel nou al ‘n wyle met die toename van wilde/rondloperkatte in die area. Ongelukkig gepaard hiermee gaan siektes onder die diere wat oorgedra word aan ons geliefde troeteldiere. Katte Vigs(FIV) en leukemia (deur die FeLV virus veroorsaak) is enkele van die siektes wat hierdie katte oordra.

Hart & Paws Kat Gemeenskap is ‘n nie-winsgewende organisasie

Mense uit die gemeenskap in samewerking met die plaaslike veearts in Hartenbos het hande gevat en die Hart & Paws Kat Gemeenskap tot stand gebring. Dit is ‘n nie-winsgewende organisasie wat onlangs tot stand gekom het. Die doelwit is om die bevolkingsgetalle van die wilde/rondloperkatte in die Hartenbos area te beheer deur kastrasie/sterilisasie, asook om die gesondheidsaspekte rakende die katte aan te spreek.

Wilde Kat gesteriliseer in Hartenbos agv Vigs

Die gemeenskapsprojek beoog om vanghokke te stel en die katte te vervoer na die Dierekliniek waar hulle ondersoek sal word en behandeling sal ontvang. Katte sal getoets word vir Vigs, sowel as Leukemie. As hulle positief getoets word, sal hulle genadedood toegedien word, en indien hulle gesond is, sal hulle gekastreer/gesteriliseer word. So poog hulle om die toename van die bevolking onder beheer te kry en die verspreiding van die siekte na ons mak troeteldiere te bekamp.

Die Hart & Paws Kat Gemeenskap gaan die 2de Junie 2012 ‘n groot fondsinsamelingsprojek hou te ATKV Amfiteater. As jy wil betrokke raak deur ‘n stalletjie op te sit of ‘n donasie te maak, kontak gerus vir die sekretaresse by 078 543 6793 of hartenpaws@gmail.com