Bootritte op Mosselbaai

Bootritte op Mosselbaai

romonza mosselbaaiOp 10 Janurie 2011 het ons ‘n onderhoud met die eienaar van die Romonza in Mosselbaai, die Mekka van die Tuin Roete in Suid Afrika gehad om bietjie meer indiepte oor die Romonza te gesels en uit te vind wat agter nie naam skuil, so wel as hulle ervaring van die fees seisoen.

Romonza eintlik gebou as seiljag om mee om die wêreld te vaar

Die Romonza was nie aanvanklik gebou vir die doel wat hy vandag verrig nie. Wim Klapwyk het die seiljag aanvanklik gebou om mee om die wêreld te vaar. Dit het hom 7jaar geneem om te voltooi waarna hy eers met die boot in die baai rond gespeel het. Dis toe eers hier waar hy tot die besef gekom het dat sy vrou seesiek geword het en die rit om die wêreld is toe maar eers op ys gesit. Dis juis toe hyself met die boot om Robbe-eiland begin vaar het, dat die toeriste hom genader het om hulle ook om die eiland te neem. Dis dan ook hier waar die Romonza as besigtigings boot sy intrede gemaak het.
Volgens Charmaine Klapwyk kom die naam Romonza van Wim se drie kinders se name af. Robert, Monica en Zandra.

Aktiwiteite in Mosselbaai op die Romonza

Die Romonza bied die toeris ‘n verskeidenheid aktiwiteite onder andere Eiland besigtigings wat ongeveer ‘n uur lank duur. “Sunset Cruises” van ongeveer 2 ure, Walvis besigtigings, Ocean Safaris en ander privaat geleenthede. Hulle staan altyd reg vir enige geleentheid, van privaat troues, verlowings tot die strooi van mense se as. Volgens Charmaine kom daar gereeld mense by haar aan wat jare terug verloof geraak het op die boot wat nou hulle kinders ook vir ‘n besigtigingrit wil neem.

Kans om Bonitos te vang in Mosselbaai

Die span op die boot geniet dit te ‘troll”. So vang hulle gereeld Bonitos. Charmaine sê die toeriste geniet dit vreeslik wat dis baie anders as dit is om net jou aas aan ‘n lyn in die water te gooi. Jy hoor dadelik as ‘n vis aan die lyn is. Dit maak amper ‘n skree geluid, waartydens die bemanning op die boot dan dadelik “Strike!” skree. Die vis word in gebring en geweeg  en met tye is die toeriste so opgewonde hulle  net die vis wil koop.

 Vakansie seisoen in Mosselbaai

Die Romonza is al so sinoniem aan Mosselbaai soos sand op die strand. Die Romonza het sy eerste besigtigingsvaart in 1978 geneem. Die boot waarmee vandag gevaar word is presies dieselfde boot as in daardie tyd.
“Die seisoen was maar ‘n bietjie af hierdie jaar as gevolg van die slegte weer wat ons gehad het. Ons het vir 8dae in ons hoog seisoen slegte weer gehad,” het Charmaine aan ons gesê ten opsigte van haar ervaring van die seisoen hierdie jaar.

Wêreld Bekker Sokker effek op die Romonza

Die winter maande was laas jaar vir die Romonza aan die stil kant. Charmaine het ervaar dat die meeste mense hulle vakansie vroeër gehou het as gevolg die Wêreld Beker Sokker, met die gevolg dat die toeriste nie werklik so volop was tydens die walvis tyd nie. Sy ervaar dat dit meestal die oorsese toeris is wat die walvis besigtings meemaak, maar laas jaar was die walvisse nie so volop teen die tyd wat hulle hier was nie. Meeste toeriste het daardie tyd maar na die haaie gekyk wat ons altyd in die baai aantref.

Charmaine ervaar dat die organsasie van die hawe baie beter is vandat Transnet dit oorgeneem het. Vroeër was sekuriteit in die hawe ‘n seer punt en die alkohol misbruik op die hawe het ook met tye redelik hand uitgeruk. Charmaine voel dat dinge baie beter gaan op die hawe vandat hulle die toegang tot die hawe strenger beheer. Dit skep ook ‘n meer georganiseerde indruk by die toeris.  

Hou hierdie webwerf dop vir my opvolg artikel oor die Romonza se ervaring met walvis besigtigings!